Radio Sarie

Radio Sarie kan op 23 Desember 2004 die eerste keer gehoor word. Die lewendige uitsendings het 28 Desember 2004 begin.

Ek het n hele paar jaar gelede Radio Sarie begin as deel van die Sarie Marais.Com webblad. Die radio was n groot sukses, maar ek het te besig geraak om dit te bestuur en het die radio oorgegee aan iemand anders om daarmee te maak soos hulle goeddink. Ek is bly en trots om te kan se hulle het baie goed gedoen, maar tragedie het veroorsaak dat hulle die radio moes staak.
 
Ek hou egter van die formaat wat ek gebruik het op Radio Sarie en ek voel ook dat daar baie mense is wat graag hulle stokperdtjies is idees met ander wil deel. Daarom het ek Radio Sarie weer begin. Ons saai uit vanaf Engeland,maar dit maak nie saak waar jy is nie jy is welkom on deel te wees en jou eie program te begin. Dit is ons doel om ons Suid Afrikaanse kunstenaars en hoofsaaklik Afrikaanse kunstenaars te bevorder. Dit terwyl ons nie ons velede vergeet nie. Ons speellys bevat ook heelwat ou musiek. Radio Sarie is n tweetalige radio stasie. Die rede daarvoor is eenvoudig. Baie van ons is met Engels sprekende persone getroud, so waarom sal ons hulle wil uitsluit? 
Indien u belangstel om u eie program te begin, kontak my gerus.
Advertensie op Radio Sarie is in die meeste gevalle gratis.