Boere Helde

Frederick (Fritz) Joubert Duquesne

Die Swart Luiperd, The man who killed Kitchener, FBI Most Wanted, Duquesne Spy Ring – hierdie is maar net ’n paar terme wat geassosieer word met een van die mees opspraakwekkende karakters in die Afrikaner se geskiedenis. 

Daar is heelwat verhale oor Fritz Joubert Duquesne (uitgespreek Doe-Kyn) geskryf en verskeie van die stories kom nie altyd ooreen nie. Ons het ondersoek ingestel om hierdie ongelooflike karakter se lewensverhaal vir u, die leser, bekend te maak. 

Frederick (Fritz) Joubert Duquesne was op 21 Desember 1879 te Oos-Londen gebore. Sy ouers was welgesteld en hy was familie van genl. Piet Joubert. 

Hy het grootgeword in Nylstroom en was op ‘n jong ouderdom na ‘n koshuis in Engeland gestuur. Op die ouderdom van 17 was hy by die London University ingeskryf en ‘n jaar later het hy na Brussels verhuis waar hy by ‘n militêre universiteit studeer het. 

Duquesne, nog net ’n seun, het gedurende hierdie tydperk bekend gestaan as die beste swaardvegter in die hele Europe en het in drie van die opgetekende gevegte sy opponente gedood! 

In 1899 keer hy terug na die Z.A.R., net betyds vir die uitbreek van Tweede Vryheidsoorlog. Hy word deel van sy oom genl. Piet Joubert se staf en was later naby Ladysmith gewond. Hy herstel egter vinnig en neem verder deel aan die oorlog. 

By die slag van Colenso word hy deur die Britte gevang maar hy ontsnap op heroïese wyse nadat hy talle soldate uitoorlê het en ’n wag in die proses noodlottig gewond het. Hy was later weer gevang en weereens ontsnap hy voor die aanvang van die kryg verhoor.

Tydens die slag van Bergendal word hy tesame met die Boeremagte oor die grens in Mosambiek ingedryf. Die Portuguese neem hom gevangene en stuur hom na ‘n tronk Lisbon, Portugal. 

Net voor hy gevang was het hy na bewering waens met onskatbare hoeveelheid goud iewers in die Laeveld weggesteek sodat die Britte dit nie in beslag kon neem nie. Hierdie goud was op pad na Europa om wapens en ammunisie vir die Boeremagte aan te koop. Die goud is tot op hede nog nie gevind nie. 

In Portugal verlei hy die tronkbewaarder se dogter en sy help hom ontsnap. Hy vlug na Parys, Frankryk, en hier sluit hy aan by die Afrikanervereniging. Duquesne besluit toe om die Britse magte te infiltreer. Hy sluit in 1901 aan by die Britse weermag en word vinnig bevorder as offisier. Spoedig reel hy dat hy terug gestuur word na die Z.A.R. op die Britte se onkoste! 

Op Transvaal s’ bodem tref hy reëlings dat hy na die Nylstroom-distrik gestuur word. Hier het sy haat vir Lord Horatio Kitchener ontstaan vanweë die geskroeide aardebeleid en die konsentrasiekampe. Hy vind sy familieplaas verbrand, sy suster verkrag en vermoor en sy moeder sterwend in ‘n konsentrasiekamp in Germiston. In latere jare erken hy dat hy vir Kitchener persoonlik verantwoordelik gehou het vir die ramp wat sy familie getref het asook die 27 000 Afrikanervroue en –kinders wat in die Britse helkampe gesterf het. 

Dit is nie duidelik hoeveel inligting hy op hierdie stadium aan die Boeremagte gegee het nie. As Britse offisier het hy sonder twyfel toegang tot heelwat waardevolle inligting gehad. Sy bynaam onder Afrikaners was die “Swart Luiperd” omrede sy donker hare en die heldhaftige wyse waarop hy die Britse Intelligensiediens male sonder tal ontduik het deur vertroulike inligting suksesvol aan sy Boere-kamerade te gee. Die Britte het geweet dat daar ’n Boere-spioen in hul midde was maar hulle kon Duquesne nooit vastrek nie. 

Steeds in Britse uniform, word hy na Kaapstad verplaas waar hy  besluit het om die hawe en groot dele van die stad op te blaas. Hy was ‘n man wat mense maklik beïnvloed het en kry dit reg om ‘n groep Afrikaners bymekaar te maak vir sy beplande sabotasie van Britse militêre teikens in die Moederstad. Sy planne word egter ontbloot nadat ‘n vrou van een van sy manskappe die Britte daarop attent gemaak het dat hy ’n sabotasie komplot beplan. Die Britte maak toe ‘n aanbod aan hom: indien hy die Boere se geheime militêre kodes ontleed sal hulle sy lewe spaar. Hy ontleed dit maar gee valse inligting vir die vyand. 

Daarna was hy na Bermuda gestuur as krygsgevangene. Kort na die Vrede van Vereeniging in 1902 ontsnap hy met die hulp van die jong Anna Maria Outerbridge, wie hy ook verlei het, na die VSA. 

In New York het hy gewerk as ‘n joernalis en omrede hy Russies magtig was, het die koerant hom gestuur om verslag te lewer oor die Russies-Japanese oorlog. Fritz kon onder andere ook Frans, Duits, Portugees en Hollands vlot praat. 

Hy het naam gemaak in die VSA as ‘n grootwildjagter en was ook bevriend met pres. Theodore Roosevelt, wie hy gereeld raad gegee oor jag. 

Ook het hy hom voorgedoen as ‘n Australiese soldaat, “Captain Claude Stoughton”, en het geld verdien deur op reis te gaan en lesings aan te bied oor verskeie oorloë waarin hy betrokke was. 

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog verhuis hy na Brasilië as die wetenskaplike “Frederick Fredericks” om rubberbome te bestudeer. Hy het natuurlik geweet dat die Britte baie skepe het wat voorraad vanaf Suid-Amerika na Europa vervoer om sodoende hul oorlogspoging aan die lewe te hou. Na bewering het hy meer as 20 Britse skepe vernietig met die gebruik van tydbomme, o.a. HMS Salvador, HMS Pembrokeshire, HMS Tennyson en die HMS Vauban. 

In 1916 plaas hy ‘n berig in ’n Britse koerant dat “Fritz Duquesne deur die Amasone Indiane in Bolivia vermoor was”. Hy vertrek kortliks daarna na Engeland en doen hom voor as die Rus “Graaf Boris Zabrefski”. Dit is tot vandag toe nog onduidelik hoe Duquesne in aanraking gekom het met die Duitse Intelligensiediens maar hy was op hierdie stadium beslis ’n Duitse spioen. 

In Londen reël hy dat hy saam met Lord Kitchener aan boord die HMS Hampshire reis na Rusland. Op die hoë see gaan hy te werke om vir ‘n Duitse duikboot ’n aanvalsein te stuur. Hy verlaat die skip net betyds voor ’n torpedo-aanval die HMS Hampshire sink. Duquesne se lewensideaal word verwesenlik: Kitchener is dood! 

Duquesne ontvang later die Ysterkruis vir dapperheid by Keiser Wilhelm vir die rol wat hy gespeel het om van Lord Kitchener ontslae te raak. 

Omrede meeste van sy familielede in die Z.A.R. deur die Britte vermoor was het hy nooit weer teruggekeer na sy vaderland toe nie. Hy was later in Amerika gevang maar het homself voorgegee as ’n verlamde en na twee jaar in ‘n tronk vir gestremdes het hy weer ontsnap. 

In 1941, tydens die Tweede Wêreldoorlog, het die FBI hom weer vasgetrek nadat hy verantwoordelik was vir die grootste spioenasie komplot in die Amerikaanse geskiedenis: The Duquesne Spy Ring. 

Hy was skuldig bevind van sabotasie op Britse militêre teikens. Hy het homself verdedig  gedurende die verhoor en sy lewe was gespaar omrede die hof bevind het dat al sy teikens slegs teen Britse belange was en dat hy wraak gepleeg het teen die  Britte se oorlogsmisdade teen die Afrikanervolk tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 

Op die ouderdom van 62 het Fritz nie weer ontsnap nie. Hy was 13 jaar later in die tronk oorlede. 

Dit gaan die verstand te bowe dat ons nie op skool geleer was van kapt. Fritz Joubert Duquesne se merkwaardige lewe nie

CORNELIS BROEKSMA

Nog ‘n onbekende held uit ons verlede is Cornelis Boekstra. Gebore op 13 Augustus 1863 in Assen, Nederland. Hy gaan skool in Holland en immigreer na Suid-Afrika gedurende 1882 toe 19 jaar oud. In die Oranje Vrystaat werk hy as ‘n klerk in die Bloemfonteinse kantoor van die staats prokureur. Hy leer regte en kwalifiseer in 1886. Hy verhuis na Dewetsdorp en begin sy eie prakryk. In 1891 trou hy met die sewentien jarige Francina Vionel. Hul eerste kind word in 1892 gebore.

In 1895 na die geboorte van hul tweede kond woon hulle in Pretoria, daarna verhuis hulle na Johannesburg. Teen hierdie tyd was hy Staats aanklaer. Broeksma was ‘n Republikein en ‘n groot Ghristen wat homself teen die gebruik van drank uitgespreek het.

Gedurende die Anglo Boere Oorlog hoor hy van die konsentrasie kampe en gaan besoek die kampe in en om Johannesburg. Hy maak notas van die sterfte syfers en stuur dit in kode vorm na koeranta in Londen via Amsterdam, maar dit beland in die hande van die Engelse.

Hy word gearresteer en van hoogverraaad aangekla. Kitchener het aangedring dat hy in die publiek terreggestel word en Broekstra sterf voor ‘n vuurpelleton by die Fort in Johannesburg op 30 September 1901. Hy word daar begrawe maar sy graf is op Nederlandse versoek opgegrou en hy is in die Braamfonteinse grafplaas begrawe

PIET POTLOOD

As magistraat het ek met kommandodag
op Prieska reeds baie mense met
die hand gegroet toe meteens ‘n klein
verskrompelde mannetjie voor my
staan. Hy word voorgestel: “ Mnr. Piet
Beukes.” “Mnr. Piet Beukes?” vra ek.
“Ja, burger Piet Beukes, of sal ek sê,
Piet Potlood?” “Piet Potlood, my
wêreld man, is dit jy?” Ek draai na die
kommandant. “Vriend, ek sal later
verder groet, nou moet ek eers gesels.”
Hy lag. “Daarom het ek vir Piet laaste
bekendgestel.” Ek druk die mannetjie
in ‘n stoel langs my: ” Warempel
kêrel, dis ‘n verrassing! Wat het van
jou geword nadat jy die tronk
opgeblaas het?”
Hierdie Piet was ‘n welgestelde met ‘n
gawe familie maar as kind het hy baie
swaar gekry. Ek onthou hom nog: ‘n
jammerlike voëlverskrikker van ‘n
kêreltjie, so krom en maer soos ‘n
verkluimde windhond. Met die
uitbreek van die Engelse Oorlog was
hy omtrent 15 jaar oud, met sulke ou
dun armpies en bene. As jy met wil
baklei dan hardloop hy weg. En tog
kon hy meer optel as die grootste seun
en twee groot seuns kon hom nie
vashou as hy wou wegkom nie. Sy
vernaamste kenmerke daardie tyd was
oë wat altyd rooi was en ‘n neus wat
altyd gedrup het. Eintlik was die
gedurige gesnuif maar van pure
senuweeagtigheid. Piet het by ‘n oom
gewoon, ou Carel Vlotsma, die dronklap
van die dorp. Maar nou moet ek
eers ‘n paar woorde oor ons ou dorp
Potchefstroom sê, die eerste hoofstad

van ons ou Republiek.
Dit was ‘n waardige dorp met ‘n goeie
landros. Wes-waarts het die pad na
Klerksdorp se kant toe verby die tronk
gegaan, toneel van Piet se kordaatstuk
toe hy….maar wag ons kom nog daarby.
Kort duskant die Noorbrug het daar ‘n
pad die dorp verlaat in die rigting van
Ventersdorp. Hierlangs het die
“burgerregte” gelê, watererwe wat
vroeër uitgedeel is aan burgers wat aan
die kafferoorloë deelgeneem het. Dit
was arm maar goeie mense wat hier
gewoon het. Dis hierv waar Piet
Potlood se vroue-kommando wat die
Engelse gestorm het toe …. nou ja, waar
hul vandaan gekom het.
Ou Carel en Piet het in die een
‘ondergedeelte’ van die dorp gewoon,
naby die Vlei, ‘n woesteny van water en
riet. Hier was ook die Duiwelsgat, ‘n
grusame plek met water so swart soos
ink en so dik soos etjiesop. Geen seun
wou ooit binne honderd tree van dié
plek af kom nie, behalwe….. Piet
Potlood. Dis hier waar Piet die berugte
Zulu-spioen Nyati ….
Ieder geval, kort voor die oorlog het
Piet sy eerste werk gekry as aflewerseun
by ou Garlick, die winkelier. Hy
was nou skoon, sy hare was gesny en
vir sy drupneus het hy ‘n behoorlike
sakdoek gehad. Maar alewig was daar,
nes die hoofklerk van die winkel, ‘n
potloodstompie agter sy oor. Vandaar
sy permanente bynaam ‘Piet Potlood’.
Met die uitbreek van die oorlog het
Garlick se winkel egter gesluit en Piet

was weer op straat. Gedurende die
eerste maande van die oorlog het ons
hoera geskree maar toe begin dinge
misloop. Eendag was die Engelse
daar. Die gewapende burgers in die
dorp was moedeloos en het ‘n eed
geneem dat hulle nie weer sou veg
nie. Voor die landroskantoor moes
hulle wapen neerlê en kon dan
huistoe gaan. Die hoop geweers is
met lampolie aan die brand gesteek.
Die houtkolwe het natuurlik verbrand
maar die lope en slotte was
ongedeerd. Weke lank het die hoop
ou yster daar gelê en stilletjies al
minder geword. Die Engelse het ‘n
aanval van Genl De Wet verwag en
was te besig om hieraan aandag te
gee. Een môre toe ons wakker word
was die Boere weer daar. Die meeste
burgers sluit dadelik weer aan.
Maar waar is die stukkende geweers
dan nou? Hulle kort tog net ’n kolf
om weer te kan skiet. Lubbe, wat
reeds een geweer reggemaak het, sê
skielik: “Piet Potlood moet weet. Hy
het elke dag daar rondgestaan.” Piet
word gehaal. “Ja, ek het hulle vir die
Boere gebêre!” Almal lag. Piet ‘n
volks-held? Maar die geweers is
herstel en drie weke later op die plein
aan Genl. De Wet oorhandig. Hy het
‘n kort toesprakie afgesteek en toe
roep hy: “Piet Beukes!” Van agter het
Piet deurgedruk tot voor die
Generaal. “Piet, jy het ‘n knap ding
gedoen! Potchefstroom behoort trots
te wees op sy seun!” Vir Piet was dit
die begin van ‘n nuwe lewe….

Bron: Volksbraandwag

DIE VYF SWEMMERS

Daar het ‘n hele paar jaar terug ‘n boek verskyn ‘Die vyf swemmers’ wat gebaseer is op ‘n ware verhaal. Die gaan oor ‘n groepie boere soldate wat in generaal de wet se kommando was maar deur die engelse gevang is. Hulle is toe op ‘n skip geplaas oppad Ceylon(vandag Sri Lanka) toe. In die hawe by Ceylon het hulle ‘n merkwaardige ontsnappingspoging van stapel gestuur. Hulle het van die skip af gespring en na ‘n russiese skip toe geswem. Op die russiese skip is hulle soos helde ontvang. Met russiese en duitse hulp het hulle via europa weer teruggekeer Suid-Afrika toe en is deur suid-wes terug Noord-Kaap toe. Daar sluit hulle by generaal Maritz aan en veg weer teen die engelse!

Een van hulle is noodlottig gewond in die oorlog, maar die ander vier oorleef almal en die hoofkarakter, Willie Styen is meer as veertig jaar later oorlede nadat hy nog groot bydraes in Suid-Afrika gemaak het. Merkwaardige storie!

Indien u kan uitbrei hierop Kontak my asb.